Highlight & Contour


Vir die tekort aan beter afrikaanse woorde sal ek maar hou by "highlight & contour".
Ek was regtig verbaas hoeveel mense nie weet wat op aarde dit beteken om te 'contour' of wat 'n 'bronzer' is nie! (Dis nie n self tanner nie hoor...)
In 'n neutedop is dit net maniere om meer struktuur aan jou gesig te gee. Sekere dele meer te laat uitstaan, hoër te laat lyk of meer prominent te maak. 
Na 'Highlight & Contour' - soveel meer dimensie

Hier volg 'n paar stappe wat jy kan volg:
Stap 1 (Basis):
Begin met jou onderlaag. Sit dit soos gewoonlik op, dit help vir 'n foutlose voorkoms.

Stap 2 (Highlight Liquid):
Kies 'n 'concealer' of ligter onderlaag wat een of twee skakerings ligter is as jou onderlaag sodat jy 'n duidelike verskil tussen die twee kleure kan sien. Jy kan dit met jou vingers, 'n kwas of 'n sponsie aanwend. Begin onder jou oë (nie net direk onder jou oë nie, maak 'n driehoek onder jou oog gelyk af teen jou neus en trek dan weer die lyn na die buitenste hoek van jou oog toe.)
Daarna begin jy in die middel van jou voorkop en kom in 'n dun lyn bo op jou neus af. Sit 'n klein bietjie bo jou bo lip en op jou ken. 
* Ek gebruik LA Girl Pro Conceal HD
(Word vergelyk met MAC Pro Longwear concealer)
Stap 3 (Contour):
Gebruik 'n 'bronzer' of 'n poeier wat ten minste een of twee skakerings donkerder as jou basis is. Druk jou kwassie in die poeier en begin by die die buitenste kante van jou voorkop en dan teen jou haarlyn op (moet dit nie in die middel van jou voorkop gebruik nie). Daarna kan jy dit teen jou kakebeen aanwend en teen die kante van jou neus. Die belangrikste deel om die 'bronzer' aan te wend is onder jou wangbeen. 
TIP: Draai jou hand sodat die palm voorentoe wys (weg van jou af), buig jou wysvinger en druk die middelste kneukel teen jou wang net voor jou oor, maak nou die voorste deel van jou vinger reguit teen jou wang- dit is hoe ver jou lyn moet gaan (sal min of meer gelyk wees met die middel van jou oog.)
As jy sou wou hê dat jou lippe bietjie plomper moet lyk kan jy 'n klein oogskadu kwassie vat en onder (direk onder/langs) jou lip 'bronzer' aanwend.
*Ek gebruik 'n Essence blosser kwas en Essence se Sun club in Brunette.
Hierdie gee 'n goeie aanduiding...
Stap 4 (Poeier Highlight):
'n Poeier highlight is die beste manier om iets te laat pop. Daar is verkeie highligters beskibaar maar ek gebruik sommer 'n sjampanje kleur oogskadu (Maybelline), dit doen presies dieselfde ding en werk soos n bom, die geheim is dat hy 'n effense blink moet inhê.
Druk jou kwas in die poeier en kap die kwas net bietjie sodat die meeste vd poeier afval. Dit sal help dat jy nie teveel op jou gesig sit en soos een groot olie bol of blinkertjie lyk nie.
Wend dit dan bo op jou wangbene, ken en bo jou lip aan. Jy kan selfs 'n klein bietjie teen jou neus af sit sowel as bo en onder jou wenkbroue maar hou matigheid voor oë.
Om te highlight laat jou meer gesond lyk omdat dit donkerder areas ophelder.
*Hiervoor gebruik ek 'n waaier kwas.

Stap 5:
Hierdie stap is so belangrik! Maak seker dat alles geblend is. Daar moet geen duidelike lyne op jou vel wees agv die Bronzer of Highlighter nie. En maak seker dat dit nie oordoen lyk nie, dis baie makliker om nog produkte op jou gesig te sit as om van dit af te haal.
Hier is 'n prentjie wat dit opsom
Ek hoop hierdie kon jul bietjie help... As julle enige tips het, deel dit asb met ons!


-LaLa-

::

Comments

Popular Posts