Review: Essence - I love extreme crazy volume mascara

Ek kan nie genoeg tekere gaan oor hierdie mascara nie, sure, dis nie vir almal nie maar vir my is dit perfek!

Soos ek al in 'n vorige post gesĂȘ het, ek het al verskeie ander probeer en besit 'n groot verskeidenheid probeer en nogsteeds sal ek elke keer terug gaan na hierdie een toe.


Ek is gelukkig baie geseend met dik en lang wimpers so ek het nie veel maskara nodig nie maar ek kan dit net nie help nie. As iemand my sou vra: "As jy gestrand moet wees op 'n eiland met niks behalwe een makeup produk nie, wat sou dit wees?". Sal my antwoord sonder enige twyfel wees: "MASKARA!!!" Met ander woorde, ek is baie kieskeurig as dit hierby kom, dit moet my wimpers 10x beter laat lyk of dit heeltemal los!

Essence - I love extreme crazy volume mascara doen presies wat dit se - gee jou crazy volume!
Een laag is regtig amper genoeg maar natuurlik sal ek vir laag twee en drie ook gaan. By laag drie kan dit nogal 'clumpy' raak en dis hoekom ek se dis nie vir almal nie. Persoonlik is ek nie vreeslik gepla nie want dis nooit oorweldigende klonte nie.

Die formule is baie dun en jy kan nogal baie op die stokkie kry wanneer jy hom uit die buisie trek, die nie die ergste nie, vee maar net die voorpunt af binne die buisie.



Die kwassie/stokkie is oulik, dis wel plastiek met plant dele sonder haartjies maar dit veroorsaak nie dat jy 'n oormate maskara op jou winpers kry nie.

Die grootste BONUS is dat dit belaglik bekostigbaar is! Min of meer R60 by Dischem & Clicks.

Gaan probeer dit, ek is seker jy sal nie spuit wees nie.


-Lala-



Facebook: Kiss & Makeup xoxo

Comments

Popular Posts