Kom ons begin by die begin...
Ek het lank gesit en dink of ek nou regtig hierdie wil doen...
Soveel vrae het deur my kop gegaan want daar is tog soveel meisies en ouens wat 'beauty blogs' het. Maar ek wil so graag hê myne moet anders wees, ek wil in 'n ander manier na goed kyk en na produkte kyk wat baie meer beskostigbaar is. Ja, nou en dan kan daar dalk n 'pricey' item inval maar ek wil hê die ander produkte moet soveel goedkoper wees dat jy steeds daardie een duur item kan beskostig soos 'n fantastiese onderlaag of 'n moet-hê lipstick.
My liefde lê by enigeiets in skoonheid, al is dit hare, naels, grimmering, klere of juwele. Ek love dit om soos n meisie/vrou te voel maar in dieselfde asem wil ek ook sê dat ek nie altyd lus is vir die moeite nie, ek soek kortpad (let wel: daar is nie altyd een nie). Hoe makliker en vinniger, hoe beter...
In die week moet grimmering vinnig gaan voor werk - ek is 'n laat slaper... Oor die naweek sal ek behoorlik my tyd vat. Selfde gaan vir klere, 'n paar jeans, 'n lekker los gemaklike toppie en plakkies is my norm vir werk maar kom naweek dan is ons "all dolled up".
Ek sal myself maar n DIY-Queen noem. As ek oortuig is daarvan dat ek is self kan doen, dan sal ek!
Ek is nie opgelei in skoonheid nie maar ek voel ek het al genoeg goed/tegnieke probeer om te sê ek het redelike kennis van produkte dat ek dit met ander mense kan deel. So laat ek net weer sê, ek is NIE 'n PRO NIE!
Hoe meer ek skryf, hoe meer opgewonde raak ek oor goed wat ek sal wil deel in die toekoms... Van nuwe "trends" tot cupcakes bak,.. Alles onder een dak (of blog).

-Lala-
Comments
Post a Comment