My top 10 produkte onder R110...


Ons dames het mos altyd 'n probleem om 'n goeie produk teen 'n goeie prys te vind. Hier is 'n paar van my gunstelling sakpas produkte.

1. Essence - Sun Club Matt Bronzing Powder:


Hierdie is die ideale 'bronzer' as jy 'n beginner is. Ek kom al hoe meer agter hoe min meisies/vrouens weet wat 'bronzer' nou eintlik is. Party het nog nooit eers daarvan gehoor nie. Maar glo my, as jy eers weet hoe goed dit jou vel en grimering laat lyk, sal jy dit nie weer miskyk nie.
Hierdie is die mees natuurlike 'sun-kissed bronzing powder' wat ek al gesien het.
Wat ook baie oulik van diè is, is die feit dat dit in twee verskillende kleure kom, een vir blondines en een vir brunette.

Beskikbaar by Dischem vir onder R70.00


2. Essence -  Eyebrow designer


As jy 'n vinnige manier soek om jou ooghare in te vul, is hier die beste opsie vir jou.
Dit potlood is sag en maklik om te gebruik. Dit kom met n kammetjie om te verseker die haartjies bly waar dit moet.
Dit is beskikbaar in vier kleure - Sagte Blond, Blond, Donkerbruin en Swart.

Beskikbaar by Dischem vir onder R30.00


3. Essence - Eyeliner Pen Waterproof


Hierdie pen maak dit so maklik om die oog omlyner aan te wend. Dit is amper dieselfde as n 'Liquid eyeliner' maar is verseker meer presies sonder om jou op jou senuwees te maak dt jy met n blerts op jou oog gaan opeindig. Hy het 'n 'felt' punt wat keer dat die produk nie uitloop nie maar dat jy dit baie netjies, presies en maklik kan aanwend.

Beskikbaar by Dischem vir onder R60.00


4. Essence - Quattro Eyeshadow in To die for


Die ideale vier oogskadu's vir 'n donkerbruin 'smokey eye'. Maar ook perfek vir elke dag se dra.
Die regterboonste een is my spesifieke gunstelling. Dis die perfekte sjampanje kleur om jou wakker en helder te laat lyk.

Beskikbaar by Dischem vir minder as R60.00



5. Cala - Natural Medium Eyeshadow Brush


Die kwassie is perfek om oogskadu in die vou van jou oog aan te wend.
Dit maak nie harde lyne nie en maak dit maklik om die intensiteit vd oogskadu op te bou sonder dat al die ekstras op jou wange beland.

Beskikbaar by Dischem vir onder R50.00



6. Angled Eyeshadow Blending brush


Jip, ek is verlief op hierdie kwassie. Dit mag dalk nie soos veel lyk nie maar hy is perfek om jou oogskadu se dominante lyne sagter te maak.

Hierdie 2 bogenoemde kwassies is so sag ek kan nie oor dit kom nie. Ek is mal oor hierdie reeks en kan nie wag om meer van hierdie kwassies te versamel nie.

Die bogenoemde kwas is beskikbaar by Dischem teen R30.00


7. Essence - I love extreme crazy volume Mascara


Hierdie Mascara is verseker my HEEL gunstelling. Ek het al baie verskillendes gebruik van Yardley, Rimmel, Maybelline en die lys gaan aan en aan en aan... Maar hierdie een is fantasties!!! Hy laat my wimpers so lank en dik lyk dat mense het my al gevra het of ek 'false lashes' dra... Jip, dis regtig hoe goed dit is! Ek stem absoluut saam die naam - 'CRAZY VOLUME!'

Beskikbaar by Dischem vir R55.00 



8. Yardley Absolute Translucent Loose Powder


Ek is mal oor hierdie poeier. Dit is baie goed om jou onderlaag te 'set'. Die houertjie hou 'n hele paar maande want jy het die minimum nodig. Die poeier is beskikbaar is 6 skakerings - Absolute translucent (my gunstelling), Bare, Buff, Caramalized, Cappuchino & Deep beige.

Beskikbaar by Dischem, Clicks, Edgars en vele ander vir minder as R110.00



9. Catrice - Eyebrow filler


Diè is 'n baie oulike produk. Dit is perfek vir daardie oggende wat jy bietjie verslaap het en nie 5min het om jou ooghare perfek in te vul nie. Pluk net hierdie houertjie uit en kam die borseltjie vinnig deur jou ooghare en 'voilà!' So eenvoudig soos dit! Jy kan dit ook gebruik as jy reeds jou ooghare ingevul het en jy net daardie lastige haartjies in plek wil hou.

Beskikbaar by Dischem of op Spree vir minder as R50.00



10. Catrice - Prime & Fine


Ek is gaande oor hierdie primer. Diè produk help om die blink te onderdruk en jou porieë kleiner te laat lyk. Dit is nie 'n swaar gevoel op jou vel nie en trek vinnig in. Enige onderlaag sal tenminste 1-2ure langer opbly as jy 'n primer gebruik. En vir die prys werk hierdie een fantasties.

Beskikbaar by Dischem of op Spree vir minder as R80.00


Ek kon dit heelwaarskynlik 20 of 30 produkte gemaak het want ek is gaande oor produkte wat mens nie 'n plaas se prys kos nie maar steeds fantasties werk - daar is so baie beskikbaar!
Hierdie is absoluut dan my 10 gunstelling produkte vir onder R110.00!!!


As jy enige vrae het is jy welkom om dit hieronder by die 'comments' te los of jy kan my 'add' op Facebook en Instagram (Links is almal hieronder.)


*Alle fotos kom vanaf die verskeie webtuistes.

Catrice: http://dischem.co.za/product-search/filter_name/catrice
http://www.spree.co.za/en/catalogsearch/result/?q=catrice

Essence: http://dischem.co.za/product-search/filter_name/essence

Cala: http://dischem.co.za/product-search/filter_name/cala

 


Instagram: car_lala


Comments

Popular Posts