Maklik & vinnige "date night" haarstyl

Hierdie is die maklikste 'date night' haarstyl, dit behoort jou regtig nie langer as 20min in totaal te vat nie. Terwyl jy wag dat jou krulle afkoel kan jy gou -gou aangaan met jou grimering...



Begin verkieslik met redelik reguit hare (hoe meer reguit hoe beter) maar dis nie absoluut noodsaaklik nie, as jou hare reguit is, is die krulle gladder & netjieser.


Spuit bietjie van Johnsons se 'No more tangles' in jou hare. Kam dan jou hare uit.
Dit laat enige koek uitgly.
Jy sal hierdie produk by die baba-afdeling in Dischem kry - Prys is om en by R45.95


Gebruik dan L'oreal Elvive Extraordinary Oil as 'n hitte beskermer.
Hierdie is die beste produk wat jy ooit in jou hare kan sit (al het jy olierige hare). Dit maak nie jou hare swaar nie en jou hare trek dit maklik in - dit bly nie olierig nie.
R139.95 by Dischem


Begin dan bo, deel jou hare in 4 seksies bo op jou kop. Draai 'n seksie op jou krultang sodat jou hare onder die krultang is, so jy draai die krultang bo op jou hare en nie onder dit in nie. Afhangende van hoe warm jou tang word is dit nie nodig om hom lank daar te hou nie. (5-10 sekondes max).


Trek die tang versigtig uit en laat die krul in jou hand lĂȘ.


Steek die krul nou vas van albei kante af met 'Bobby Pins'.


Ek vind nie dat dit nodig is om die onderste helfte van jou hare ook in te draai en vas te steek nie, die boonste helfte gaan dit in elk geval toe maak. Jy kan dit wel net op jou krultang draai, 'n paar sekondes daar los en dan die krul laat val. Moet dit nie dadelik uit kam nie.

Nou kan jy voortgaan met iets soos jou grimering.


Sodra jy voel die krulle is afgekoel kan jy maar die knippies uithaal en die krulle laat val. Spuit bietjie 'Dry Shampoo' teen jou kopvel en vryf dit in (dit doen wonders vir 'n bietjie ekstra 'lift' sonder om te 'tease').
R39.95 by Dischem


Kam die krulle versigtig uit. Maak 'n kant paadjie of bring jou hare agtertoe en begin die kante vassteek. Vat 'n klein stukkie van die linkerkant, draai hom 'n bietjie en steek hom vas, meer na die regtekant van jou kop toe (nie in die middel nie). Doen nou dieselfde aan die regtekant, steek hom dan meer aan die linkerkant van jou kop vas. 


Herhaal twee keer.


Eind-produk. 
Vinnig en maklik.

PS: Steek net die knippies beter weg! :)


Dankie dat ek jou hare kon gebruik Carmen! <3

Comments

Popular Posts